Boer wees! Wat behels dit?

Uit ons oorsprong vanaf die meeste Germaanse en Hollandse, Franse en Engelse, Skandinawiese en Poolse, Russiese, Portugese, Germaanse en Slawiese (en vele meer) is landbouers, veeboere, handelaars, koopmanne en arbeiders, bierbrouers en wynverbouers, soldate, matrose, ambagsmanne, kunstenaars, swerwers en jagters, steek een oorgeërfde versugting maar altoos kop uit –

Verknogtheid

Die Boer se verknogtheid aan die grond, sy smagting om iewers, meesal alleen en afgesonder, sy kragte te meet teen die natuur, homself te definieer weg van groot menigtes,

Die Boer se verknogtheid aan die grond, sy smagting om iewers, meesal alleen en afgesonder, sy kragte te meet teen die natuur, homself te definieer weg van groot menigtes,

sy innerlike self te ontdek en te ontwikkel op sy eie, onafhanklik, weg van moderniteit en “outoriteite” en “kenners” en geykte norme en waardes, ongevorm en ongeraak deur platitudes en protokol, mensgemaakte limiete aan sy liggaam, denke en gees. Met ander woorde, om vry te wees.

Uit ‘n velerlei genepoele saamgestel, gevorm aan die Suidpunt van Afrika, waar slegs diegene sterk genoeg vir hierdie uitsonderlike kontinent op gelyke terme kon bestaan, meeding en oorleef, wat nog van vooruitboer – die Boer het homself gevorm en sy eie etos bepaal, homself definieer in terme aan homself baie verstaanbaar,

 

gemeet aan waardes vir homself baie logies en voor die hand liggend. Werklustig en ywerig het die Boer aan die Kaap onstaan, sy raseienskappe uitgebou (met vele terugslae, ja, maar veel meer suksesse !)

sy limiete erken, sy sterkpunte uitgebou, sy swakhede grotendeels uitkanselleer, teen groot teenstand uitgetrek, ten spyte van groot gevare en terugslae die onherbergsame binneland ingetrek, getem en beskaaf,

Afrika bewoonbaar

 

Afrika bewoonbaar en suksesvol gemaak…. Daar waar die Boer tradisioneel gewoon het, is die enigste plekke in Afrika waar die Westerse beskawing en industrieë en ekonomieë werklik suksesvol kon wortel skiet en groei, sedert die

17de eeu tot vandag …. Die totstandkoming van die jong 19de eeuse Boererepublieke was ‘n kortstondige triomf, totdat die jong Boerestate inmiddels deur die grootste imperiale ryk ooit op aarde verslaan is in ‘n oorlog van uitwinning ..

maar die Boer het steeds oorleef, Afred Milner, Lord Roberts en Cecil John Rhodes ten spyt …en oorleef van dag nog.

Unchanged:

koloniale ankers

Met afstanddoening van hul setlaars- en koloniale ankers het die Europese nedersetters en uitgewekenes hulself bevind in ‘n nuwe kultuur, en, teen die agtergrond van koloniale onderdrukking en uitbuiting, het ‘n sug na ‘n nuwe heimat begin. Adam Tas verklaar harsogtelik

“Ek is ‘n Afrikaner !”

“Ek is ‘n Afrikaner !” en druk so die sug na vryheid van Holland uit … Blanke “Afrikane” beweeg nader aan mekaar in hul teesin aan vreemde oorheersing – ‘n beweging sterk aangeblaas deur Britse besetting van die Kaap en hul imperialistiese onderdrukking.

Britse Empire metodiek om die binnelandse “stamme” teen mekaar te keer, te isoleer en so te oorheers, lei skipbreuk in die openlike oordadigheid van Boer-haat wat plaasvind – deels omdat die Boer nie inboorlinge is nie, maar van Europese afkoms, enige tyd net so gesofistikeerd

Britse onderdukkers

 

en wetenskaplik en kultureel soms meer gevorderd as die Britse onderdukkers …. Of die Cape Dutchmen, Kaapse “Afrikaners”, wat so graag hul Britse overlords wou ter wille wees in die onderwerping van hul Boereneefs aan die Oos-Kaap en in die Boer republieke aan die Empire.

1795 uitroep

Die 1795 uitroep van Boer republieke te Graaf Reinet en Uitenhage is die voorlopers van ‘n volksbeweging wat weer vergestalt in Piet Retief se Republiek van Nieuw-Holland en grond vind in die Republieke van Natalia, Overvaal, Vrystaat en andere ..

Die ongenadige Britse beleid van “subjugation” (onderwerping) slaag nie met die vryheidsgesinde Boer nie, en die Groot Trek en vestiging van die Boer republieke begin.

Britse pogings tot onderwerping lei uiteindelik tot die Engelse Oorloë (Anglo Boer Wars) en die volksmoord van die Britse konsentrasiekampe.

Boervolk voortbestaan

Tog bly die Boervolk voortbestaan, ten spyte van groot verraad deur sommige “volksleiers” en politici, en die ergste onderdrukking moontlik deur die Empire. Groot geeste soos Jopie Fourie, Generaals Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Beyers en andere vestig weer die aandag op Boer-outonomiteit, ‘n harde en helder kreet wat to vandag weerklink in die volksbewussyn.

Generaal J.B.M. Hertzog

Generaal J.B.M. Hertzog is die laaste politikus wat hom parlementer beywer vir die herstel van die Boer state, maar die droom van herstel is nie dood nie – die Volk bestaan tog nog, en sal immer BLY bestaan !!! Pogings deur latere volksleiers om die Boervolk tot die van die Suid Afrikaanse

“Nation” in te lyf misluk, wetties gesproke, maar in wese word ‘n oorwinning behaal, deurdat die Boer nou weer (soos in die Engelse oorloë) uitgesonder word vir verguising en slegsê – die sekere teken dat die liberalis en Empaaierman geen morele gronde het om die bestaan en regte van die Boervolk te misken nie!!!

Groot swak

Die Boer se groot swak, sy respek vir sy medemens, en agting vir die ander se menings, het egter gelei tot grootskaalse miskenning en veragting van hul eie volk, deur groot meerderhede van die destydse Boervolke – in die woorde van Siener van Rensburg, is hul “gelouter in ‘n smeltkroes …

“maar tog het ‘n handjievol altyd oorgebly. Teenspoed en swaarkry het hul weereens “gelouter” en sterker gemaak, die Boer-ideale van “‘n Volk, teen die hele wêreld vry… “ bevestig, stryd en vervolging en verdrukking het hul waardes en versugtinge en Boer-edelheid tot diep in hul genes ingebrand, in hul gees ingeprent…

Die gemors waarin

Die gemors waarin die moderne “South African Nation” hulself bevind is ‘n groot katalis om die Boer weer te stem tot Volkswese en selfbeskikking.

Weerligafleiers soos die Nuwe Suid Afrikaanse Orania “kolonie” word gesien vir die misleiding wat dit meebring, en nugtere denke seevier ..

Weerligafleiers soos die Nuwe Suid Afrikaanse Orania “kolonie” word gesien vir die misleiding wat dit meebring, en nugtere denke seevier ..

Boer is immers ‘n realis

dit kan nie anders nie, die Boer is immers ‘n realis en denkende man ! En die Boerevolk sal nou altyd, immer bly bestaan, en altoos sal daar diegene wees wat die ideale van Vryheid en onafhanklikheid nastreef en navolg en hulself daarvoor opoffer en aan hul erfgename nalaat, totdat die Vierkleur weer wapper, onafhanklik vry…

Bestaan die Boer op

Vandag bestaan die Boer op velerlei vastelande in velerlei gedaantes – tronkvoëls, teoloë, suksesvolle (en minder suksesvolle) sakemanne, soldate en sportlui, akademici, kunstenaars, wetenskaplikes, rekenaarfundis en ruimtekenners, ingenieurs en ambagslui, myners en boere, politici en klerke, elke beroep denkbaar.

om ‘n staat te stig

In kort, alles wat nodig is om ‘n staat te stig, te bou en vorm, dit te onderhou en vorm, dit te laat slaag en suksesvol wees en uitnemend te maak, ‘n bron van afguns vir mindere volke. “’n Weinig minder as die engele, het ek jul gemaak …

“Ons is nie noodwendig beter as enige ander volk nie, maar dit is hul probleem as hul slegter as ons wil wees …
Een van die dae is ons waar ons Godgegewe lotsbestemming reeds lankal bepaal is – voor die hele wêreld vry.

Ons as die Boer nasies erken die Skepper van Hemel en Aarde as ons Vader en as ons Koning. Die enigste Skepper wat ons gered het by bloedrivier.

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer