V.O.C

geskiedenis aan die Kaap 1652 – 1806...

Kaap van Goeie Hoop

Die vestiging aan die Kaap van Goeie Hoop, 1652, deur die wêreld se eerste “super” kapitalistiese handelsmaatskappy in privaat besit, gerig op winsneming, te wete die Verenigde Oost Indiesche Compagnie van Nederland, het Afrika verander soos geen ander gebeurtenis sedert die sondvloed nie. Ook het dit, onbedoeld, tot gevolg gehad die stigting en selfverwesenliking van etlike volks-etniese groepe wat alhier tot stand gekom het, uit verskeie etniese en kulturele groepe.

Jan van Riebeeck se handelspos en verversingstasie het tot gevolg gehad die permanente vestiging, nie alleen van Europese kapitaal, tegnologie en beskawing nie, maar ook van die genetiese materiaal van hoofsaaklik Wes-Europa tesame met die volks- en kulturele erfenis wat daarmee saamgaan. ‘n Vinnige proses was dit nie – die Kaap van Goeie Hoop is allereers gevestig as ‘n verversingspos vir VOC skepe, om hul ‘n voordeel te gee in hul skeepshandel met hul Oosterse republiek van Batavië, en tweedens om skepe van konkurrente soos Portugese en Engelse te bedien (teen ‘n aardige wins, natuurlik) So maak Jan van Riebeeck se Gelofte van 7 April 1652 dan ook geen melding van ‘n volksbesef nie, maar dui eerder op getroue dienare van die Kompanjie (VOC) wat die Seën op hul pogings vir hul werkgewer afbid. Daar was ‘n duidelike onderskeid tussen die soewereiniteit van die amptenaar- en knegstatus van die vroeëre Kaapse nedersetters teenoor oorheersende mag van die Kompanjie se Here 17 en Stategeneraal (heersers in Nederland) wat aan die VOC die reg verleen het om basies ‘n soewereine staat aan die Kaap tot stand te bring, tot voordeel van die kompanjie. Winsmotief was voorop en allebelangrik, te wete wins vir die VOC. Dus, ‘n kommersiële oefening, met min of geen ruimte vir verbetering van die permanente setlaars se lot…

Kaap

Namate die Kaap ontwikkel is, knegte vrygestel is en vryburgerstatus verkry het, matrose en soldate hulself gevestig het aan die Kaap, Hugenote en ander immigrante hulself gevestig het aan die Kaap, het die winsmotief steeds voorop gebly, maar is getemper deur die groeiende mag en rykdom van die Kompanjie-amptenary, wat hulself heel gou begin verryk het en hulself allerlei magte toegeëin het.

Groter Finansiële

Hegte handelsooreenkomste tussen groter finansiële magshebbers en ryker nedersetters het tot gevolg dat daar etlike subklasse blankes ontstaan het, waaronder die elite welvarende landbouers en slawe-eienaars (verantwoordelik vir lewering van vleis, koring, aartappels, groente en wyn, die belasbare items) aan die Kompanjie (om Kompanjie-skepe en personeel te diens en wins te verkry)

Landbouers en veeboere

, die armer landbouers en veeboere wat self hul werk moes doen, hul produkte hoofsaaklik aan elite kontrakhouers (waaronder etlike kere Kompanjie-amptenare, of hul konkurrente in elite-geledere) moes verkoop asook belasting betaal, die knegte en dienaars uit hoofsaaklik immigrante-geledere, ambagsmanne, soldate en matrose, kleinhandelaars en smouse, en dan die laer klasse, meer eenvoudige kompanjiedienaars, armer vryburgers wat gesukkel het om die mas op te kom, enkele vrygestelde slawe en gevangenes – ‘n heel kosmopolitaanse groep wat op hulsef aangewese was vir eie voortbestaan, onder die streng Kompanjiewette.

VOC-amptenare

Heel bo was natuurlik die koopmanne en VOC -amptenare, die elite van elite, wat behoorlik die pas aangegee het en die samelewing heel outoritêr oorheers het, in alle opsigte. Handel was erg beperk en gereguleer deur die Kompanjie, wet en orde is totaal in die hande van die VOC-amptenare oorgegee, die gehele regstelsel is deur die VOC in totaal beheer, selfs Kerkrade is deur die Kompanjie aangestel en kerkraadsbesluite moes deur die Kompanjie goedgekeur word.

Lorem Ipsum Dolor

Namate die Kaap verder beset en ontgin is, die binneland verder ingetrek en ontwikkel is, het die VOC se mag uitgebrei. Die klein verversingspos het ‘n volwaardige kolonie geword, steeds onder beheer van die Kompanjie. VOC-amptenare en goewerneurs het met ysterhande regeer en al dikwels hul vergryp aan mag en rykdom.

Britte annekseer die Kaap

Met tye wou vryburgers en boere groter vryheid verkry, en het hul meesal vasgeloop in amptenare. Die groot mag en rykdom wat Goereneur WA van der Stel homself toegeëin het, het in 1707 egter gelei tot terugroeping van die Goewerneur (na klagtes deur Kaapse nedersetters), en kan tereg beskou word as die aanvang van huishoudelike politiek aan die Kaap. Gaandeweg het die VOC wêreldwyd egter agteruit gegaan, hul mag het gekwyn voor idees soos Vryheid en republikeinse selfbeskikking (aangewakker deur die Fanse Rewolusie) Ook aan die Kaap het daar beweging onstaan, en in 1795 roep ‘n groepie Kaapse burgers die Republike van Uitenhage en Graaf Reinet uit. Alhoewel daardie “opstande” afgeslaan is deur die Kompanjie, was hul reeds erg verswak, en in 1795 word die Kaap beset deur die Britse Vloot, daar Engeland op daardie stadium in oorlog gewikkel was met Holland. Die Kaap word kortstondig terugbesorg aan Nederland , maar die VOC ontbind in 1800 en die Britte annekseer die Kaap in 1806, finaal.

Die Kaapse Vryburgers

Die Kaapse vryburgers en boere (nie Boere) het hulself in die onbenydenswaardige posisie bevind van vrymanne sonder veel van ‘n heenkome – en moes dus plan maak om self vooruitstrewend te raak, in haglike omstandighede. Veeboerdery en jag in die Overberg streke het ‘n verligting gebied. Hul was meesal maar betreklik tot erg armoedig, met sommiges (soos beskryf deur reisigers) afhanklik van dierevelle vir klerasie.

Simon van de Stel

Tog het hul volhou, en die binneland verder beset en getem. Immigrante soos die Franse Hugenote (gekies vanweë hul sterk Protestantse karakter) het, met die hulp van die VOC, hul gewend tot meer intensiewe boerdery, veral ook wynbou, en het goed geslaag in hul nuwe taak. Die prys van hul welvarendheid was egter die opgee van hul taal en Franse kultuur, streng onderdruk onder leiding van die Kaapse goewerneurs soos Simon van der Stel.

Terugbetaalbaar

Aan die meer afgeleë boere is ook materiële hulp verleen in vorm van lenings, terugbetaalbaar aan die Kompanjie. Hul het betreklik min slawe besit en meesal gedruk op inheemse inboorlinge vir veewagters en algemene hulp. Produkte soos ivoor, velle, horings, vleis en wol, vee en dies meer, is aan die Kaap verkoop (aan kontrakhouers of die Kompanjie, direk) maar was maar karige loon… veeboerdery, jag en ekstensiewe boerdey in die dorre binneland was maar nie regtig winsgewend nie, gegewe die beperkte finansiële geleenthede in die Kaap.

Die Pioniers

Die pioniers het verder getrek en gewoeker en op wonderbaarlike wyse tog ‘n beskawing begin bou in die hinterland – iets wat hul genetiese samestelling klaarblyklik gepas het. Republikeinse ideale, soos ook oorgewaai vanaf Europa, het posgevat en, die strek VOC invloed tenspyt, gelei tot die uitroep van die eerste proto –Boererepublieke van Graaf Reinet en UItenhage . . ‘n Ongeslaagde, maar baie belangrike oefening, wat die latere Boervolk sou definieër en aan beslag gee – nie langer was hierdie mense Hollandse koloniste nie, maar van Afrika, gebore, getoë en tuis in die harde sonnige land so ver van Europa, wat hul steeds besit en oorheers en uitgebuit het.

Die eerste Britse 1796

Die eerste Britse besetting van die Kaap (1796) het direk gelei tot die einde van die VOC in 1799 – toe reeds was die VOC maar ‘n skamele skadu van die eens magtige finansiële reus wat eens handel met die Ooste oorheers het. Die Kompanjie is tot einde gebring, die Kaap is onder die “nuwe” Nederlandse koningshuis ingelyf, en in 1806 totaal deur Brittanje geannekseer en ingelyf as die “Cape of Good Hope” kolonie van die Britse Empire .. ‘n nuwe, angswekkende episode het die vroeë proto-Boere in die gesig gestaar …

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer