Boere-Kultuur

Fritz Joubert Dusquesne

Fritz Joubert Dusquesne. Boereheld. Hartebreker. Baasvegter. Baasspioen. Laksman, vir die Boervolk. Kitchener se Moses. Grootwildjagter, ”lobbyist” in die VSA Senaat, baasspioen vir Duitsland, , “ladies man”, getitel as “con artist”. Die Britse kroon se ewige doring in die vlees .. hul haat hom vandag nog, en probeer steeds sy erfenis verdoesel en verberg !

Fritz Joubert Dusquesne is op 21 September 1877 gebore in Oos Londen, in die destydse Kaapkolonie, deel van die groot Joubert-familie, wat ook verwantskap had aan Generaal Piet Joubert, die Kommandant-Generaal van die ZAR, Friz se oom.

Fritz word groot in Oos Londen distrik en Nylstroom, in die Noord-Transvaal, waar sy ouers heen verhuis om daar te boer. Hy woon universiteit by in Londen, en studeer aan die Koninklike Militêre Akademie in Brussels, België.

Met uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog keer hy terug na die ZAR en sluit aan by die Boeremagte. Hy is deel van etlike veldslae, bv. Bergendal, word gewond by Spioenkop, word gevang by Colenso, ontsnap uit ‘n interneringskamp in Mosambiek (met behulp van die kampkommandant se verliefde dogter !) en gaan na Parys vanwaar hy aansluit by die Britse magte (as Boerespioen) en word in 1901 as Britse offisier na Kaapstad oorgeplaas …Dusquense se moeder en suster word, met Kitchener se konsentrasiekampbeleid uitvoering, vermoor deur die Britte – sy suster op die afgebrande plaas, sy moeder in Nylstroom konsentrasiekamp. Fritz sweer ewige wraak teenoor Kitchener, bevelvoerder van die Britse magte … Hy ondergrawe die Britse magte op etlike terreine en soek vergeefs na ‘n manier om Kitchener by te kom. In die Kaap word Fritz later gevang as deel van ‘n kring Boerespioene en ter dood veroordeel. Met ‘n streek word sy vonnis versag tot lewenslank in die Kasteel, vanwaar hy probeer ontsnap, faal, en word daarna Bermuda toe gestuur. Met behulp van die bekende Anna Outerbridge (aan die hoof van die Boer Relief Campaign) ontsnap hy en gaan na Amerika.

Fritz Dusquesne keer nooit weer terug na sy geboorteland nie, maar sy lojaliteit en haat vir die Britte bly, ongeblus en fel…. Hy word ‘n oorlogskorrespondent tydens die Eerste Wêrldoorlog, en ook ‘n spioen vir Duitsland. Hy is aandadig aan die keldering van etlike skepe, mees belangrik die Hampshire, waarop Veldmaarskalk Horatio Kitchener is, in die Engelse Kanaal. Fritz, wat ook op die Hampshire was, en waarskynlik ‘n ploftoestel geplant het, ontsnap op ‘n Duitse duikboot. Kitchener word verswelg deur die ysige see, sy ewige graf, en Fritz voer sy wraak uit, soos onderneem … Daarvoor ontvang hy die Duitse Ysterkruis vir dapperheid en voortreflike diens.

Dusquesne leef ‘n lang, kleurvolle lewe, hierna. As Amerikaanse burger word hy ‘n grootwildjagter, en vergesel President Teddy Roosevelt op sy Afrika jagtogte. Fritz word ‘n “lobbyist” en bepleit die invoer van Afrika-wild by die VSA Senaat. Hy was ‘n haan onder die henne, en bietjie van ‘n swendelaar, en in die Amerikaanse opset floreer hy.

Tog bly Fritz ‘n getroue Boer. Hy bly ‘n spioen vir Duitsland – sodanig so dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gevang en veroordeel word as leier van die grootste Duitse spioenasiering in die VSA… Hy word tronk toe gestuur, en sterf in 1956 in ‘n hospitaal in New York.

Daar is al, en kan nog, baie boeke geskryf word oor Fritz Joubert Dusquesne, die Swart Luiperd, baasspioen, Boerekryger, jagter, romantikus en Boereheld. Sy erfenis is deur die Afrikaners (wat die Boere-geskiedenis WEEREENS probeer steel het) verdoesel , verswyg en verdag gemaak. Sy romantiese en effe wilde aard en optrede was onkonvensioneel en beslis nie pro-Establishment nie, en Fritz is ‘n totaal onderbesonge Boereheld, wie se erfenis nie naastenby genoeg geëer word nie.

ONTSTAAN VAN DIE Z.A.R AS VOLKSBEWEGIN

DIE ZAR (Zuid Afrikaanse Boererepubliek, hierna genoem die ZAR) het ontstaan as Gemene Reg liggaam, gelei deur ‘n Tribunaal bestaande uit Marius Roos (“Sherrif”), David van den Berg (“Commissioner”) en Jan Diederiks (“Justice”) Hul verklaarde doelwit was die emansipasie van die ZAR grondgebied en ZAR Boervolk, diegene wat by die liggaam aansluit.

Die Tribunaal het besluite gemaak, aanstellings van “Sherrifs”, Commisioners” en Justices” gedoen in die onderskeie streke, en in die algemeen die ZAR as Gemene Reg liggaam bedryf. Die lede van die Tribunaal was verbind tot mekaar in ‘n dokument wat bepaal het dat daar geen aanstellings deur ‘n Tribunaallid gemaak mag word sonder dat die ander twee lede daardie aanstelling goedkeur nie.

Op ‘n stadium (gedurende 2021) het Marius Roos ‘n uitval gehad met die ander lede van die Tribunaal, volgens oorlewering oor die ondertekening van ‘n dokument wat die ZAR ondergeskik maak aan die SA Jural Assembly, ‘n liggaam wat oënskynlik die heil van geëmansipeerde mense in die Suider Afrikaanse opset (en ook in Afrika) ten doel het. Marius Roos se elektroniese handtekening is onwetlik, sonder toestemming, op hierdie dokument geplaas… en nie deur Marius Roos nie !! Ook het Dave en Jan eensydig aanstellings begin doen, ook van ZAR-ongeëmansipeerde en volksvreemde mense, bv. Mario Cockrell.

Dit was egter nie aanvaarbaar vir Marius Roos nie, en hy het sterk verskil van die ander twee lede van die Tribunaal – sodanig so dat Dave van den Berg en Jan Diederliks eensydig voortgegaan het met hul eie agenda, en Marius Roos gelaat het met die residu van die organisasie wat na die Boervolk moes omsien. Die Tribunaal was effektief wanfunksioneel en uitmekaar geskeur…

Marius Roos het opgetree, eensydig, om verder emansipasie, grondpatente en ZAR IDs te doen, ZAR Boere in die RSA Howe te verdedig, en in die algemeen die Boeresaak te dien, terwyl Jan Diederiks en Dave van den Berg dwars getrek het en hom probeer ondergrawe het …

Die ZAR Boer op die grond het die wanfunksionerende Tribunaal oor enkele maande beskou en hul ontevredenheid gelug. Hul het onder mekaar georganiseer, leiers identifiseer, saam besluit en al drie Tribunaallede in die nuutgestigde ZAR Volkshof aangekla van verraad en onbevoegdheid. 12 ZAR Boere het klagtes gelê. Die drie Tribunaallede is geskors en verwittig van die komende verhoor.

Die ZAR Volkshof is saamgestel uit verkose ZAR Boere (verkies deur hul streke) Die Voorsittende beampte (André van der Walt) was verkose Regter van die Noord Transvaal (“Limpopo”) – streek, die Volksaanklaer was Liebrecht van Jaarsveld (Kommissaris Noord Transvaal) en Michael Steinberg (Balju Noord Transvaal) het die klaers verteenwoordig. Daar was geen verteenwoordiging vir die beskuldigdes Roos, Diederiks en Van den Berg nie, hul was geag om in staat te wees om hulself te verteenwoordig. Die basis van die ZAR Volkshof was Gemene Reg, soos geskiedkundig in die Boervolk toegepas. Johan Zietsman (verkose regter, Nylstroom-Warmbad) was assessor, om die struktuur van die Hof daar te stel en om ordelike en regverdige verhoor moontlik te maak. Twaalf ZAR Boere is aangewys as jurielede, (wat anoniem bly) en Marius Barnard was die Voorman van die Jurie. Die Regter sou die verrigtinge lei, die Klaer sou die klagtes daarstel, die Volksaanklaer sou die klagtes formuleer en vervolging behartig, en die Jurie sou beskuldig oor die skuld al dan nie, van elke man, op die klagtes gerig teen hom.

Die Hofverrigtinge het plaasgevind op 25 Julie 2021, die eerste hofsaak wat die ZAR gehad het sedert 1902… Geskiedenis is gemaak. In lyn met modern tegnologie is die verhoor gehou te Zoom-vergadering, soos wat ook in die RSA statutêre howe gedoen word (Slegs Jacob Zuma en Mario Cockrill maak beswaar teen diesulke hofverrigtinge..). Tyd, afstand, koste en Covid-inperkings het hierdie formaat genoodsaak.

Die beskuldigdes J.Diederiks en D.R vd Berg het besluit om nie die ZAR Volkshof te eerbiedig en/of selfs by te woon nie. Daar is selfoonboodskappe met laggende “emoticons” aan die Hofbeamptes gestuur om hul minagting (vir die ZAR Volkshof ?) te betuig.. Hul het besluit om hulself nie te verdedig teen die klagtes gerig aan hulself nie…. gemeenteregtlik (en statutêr) ‘n pleit van “no contest” (feitlik altyd outomaties “skuldig” !)

Marius Roos het wel die Volkshof eerbiedig, die Hofverrigtinge bygewoon en homself verdedig op alle klagtes. Hy was openhartig in sy getuienis en het die getuienis en bewysstukke teen die beskuldiges verder gestaaf. Bewysstukke is voorgelê vir die Jurie om te beoordeel. Die getuienis was oorweldigend teen Diederiks en Van den Berg. Beskuldige 1 (Marius Roos) is, op grond van die getuienis gelewer, deur die Jurie onskuldig bevind en die Regter het hom ontslaan. Beskuldigdes 2 en 3 (Jan Diederiks en Dave van den Berg) is, op grond van die getuienis teen hul gelewer en ook die gebrek aan verdediging van hul kant, deur die Jurie op alle klagtes teen hulle skuldig bevind . Die Regter het hul lewenslank uit die ZAR Boervolk verban.

n Rekord van die Hofsaak (in beeld) en alle bewysstukke is op die Internet, op verskillende groepe en ook die ZAR Boervolk webtuiste, geplaas, vir openbare kennisname.

Vroeg Augustus 2021 het die Streekleiers in Roodepoort bymekaar gekom en alle beamptes is, na verkiesing, in hul ampte bevestig en aangestel. Aanstellings is bekragtig deur die nuut verkose Tribunaal, te wete André van der Walt (Hoof Kommissaris), Marius Roos (Hoof Balju) en Johan Zietsman (Hoofregter) .

Wat beteken dit alles ?

Eerstens – met sy weiering om die ZAR Boervolk te onderwerp aan die SA Jural Assembly (of watter ander liggaam ook al) het Marius Roos getoon dat hy die ZAR Boervolk tot diens wou wees, om hul nie WEER te onderwerp aan buite-invloede en magte nie, soos op 31 Mei 1902 (“Vrede” van Vereeniging) gebeur het nie.

Tweedens – met hul besluit om die Volksreg te vestig en te laat geskied, het die ZAR Boere weer die Boervolk laat herrys, die eerste keer sedert 1902, met uitsondering van die kortstondige 1914 Rebellie . Die ZAR Boervolk en ZAR is daar wedergebore ….

Derdens – met hul weiering om hulself te onderwerp aan die SA Jural Assembly en soortgelyke satteliet liggame, wou die ZAR Boere toon dat hul nooit weer in slawerny sal verval, kommoditeite sal word van ‘n liggaam (die SAJA) , wat in Alaska gesetel is en regoor die wêreld die Gemene Reg misbruik om hul kloue op onafhanklike, eengesinde volke se bates te lê … vir eie voordeel, natuurlik… Die verklaarde doelwit van die SA Jural Assembly en “Brother Thomas” is om hul hande op die “Boere se goud” te kry – sien die bewysstukke, in die voormelde Hofsaak ..

Daar is ook al baie gepraat en gesê deur allerhande agente van die SAJA (en dalk andere liggame ?) in die oploop tot hierdie skrywe. Daar is gepraat van ‘n “Volksraad” wat Marius Roos sou aangestel het … die ZAR het NOG NIE ‘n Volksraad nie, dit is nog in beplanning, en die aanwys van ‘n Volksraad sal nog in die toekoms plaasvind met die wil van die ZAR Boervolk, soos bepaal deur Volksstem.

Alle ZAR beamptes is verkies en deur hul Streke, asook die ZAR Streeksvergadering daargestel. Om van enige ampsdraer ontslae te raak, moet die Streek of Volk net ‘n referendum hou, en die man is uit … Geen aanstellings volgens die keuse van “leiers” nie, die ZAR Boervolk moet praat.

Daar is natuurlik pogings deur die SA Jural Assembly ( en hul volksvreemde maatjies) om die mag oor die ZAR Boervolk te prober verkry. Dit sien ons in talle videos ens. wat deur hierdie mense versprei word, wat spesialiseer in leuens, verdagmakery, verdraaiing van feite en plein reguit valshede van die ergste graad. Niks is vir hul heilig nie, en die waarheid is (vir hulle) ‘n onding wat vermy moet word .. Hul veragtelike pogings word met minagting van die hand gewys …

Hierdie skrywe gee ‘n kort, bondige samevatting van die gebeure tot en met die ware herlewing van die ZAR Boervolk.

Lank lewe die Boervolk !

Die Boer se Reg op sy Land

Die Boer se aanspraak op soewereiniteit, eie grondgebied en onafhanklike selfbestuur – waar kom dit vandaan ?

Die aanvanklike Hollandse (en Duitse en Franse en ander blanke) setlaars aan die Kaap was aanvanklik betaalde amptenare van die VOC, of dan anders doelgerig ingebring om die Kaap te ontwikkel met die doel om die Kompanjie te verryk. Eers in die vroeë 18de eeu was daar die eerste sprake van politieke uitlewing, toe deputasies na die Here 17 (magshebbers oor die VOC) in Nederland gelei het na die verwydering van WA van der Stel as Kaapse Goewerneur. In 1795 is die eerste Boererepublieke van Uitenhage en Graaf Reinet uitgeroep, waarvolgens die burgers hulself as burgers van die onderskeie Republieke in die Kaap beskou het.. Die Britse besetting (1796) het gevolg, en daarna uitbuiting deur Britse gesag (erger nog as die Hollanders !)

Die volksbeweging wat gelei het tot die uiteindelike Groot Trek het uiting gekry in die Manifes van Piet Retief, wat hy dan ook in die openbaar publiseer het – ‘n dokument wat die Emigrante-Boere se voorneme van trek, uitbeweeg onder Britse (en enige ander) gesag uitspel, die redes (Britse onderdrukking en ‘n smagting na soewereiniteit) en hul bona fide intensies om die binneland vredevol en opbouend te beset, deur verdrag en aankope grond te bekom en langdurig daarop te vestig, onder eie, soerewereine, opregte volksbestuur.

Ten spyte van die betreklik min oorloë met die inheemse bevolkings, het die Voortrekkers hul grond meesal in vrede, by wyse van verdrag bekom . Die oorlog teen die Matabeles van Silkaats was afgedwing deurdat Silkaats die Boere aangeval het naby vandag se Heilbron – in ‘n bufferstrook baie ver vanaf Silkaats se beheerde grondgebied, wat hy by wyse van verowering van ander inheemse bevolking , of besetting van onbewoonde grond, verkry het (dit was die uitloop van die mfecane oorloë, aanvanklik begin deur die Sjangaans en Kumalos van Zwide, voortgesit deur Tsjaka (Zulu) en die Batlokwa mensvreters onder Mantatisi). Die Trekkers se starfekspedisies het gelei tot die ontruiming deur die Matabeles van hul “grondgebied” wat hul na die latere Rhodesië laat verplaas het. Heelwat later het Silkaats se indunas by Hendrik Potgieter kom vrede sweer, kort voor sy afsterwe …

Ander inheemse stamme soos die Tswanas, Barolongs, Swazis, ens. het meesal, na enkele skermutseling in sekere gevalle, by die Trekkers hulp gesoek om van oordadig wrede heersers en moordenaars ontslae te raak en nuwe heersers te verkry – so het die Swazis die Trekkers se hulp ingeroep teen die stroop- en moortogte van die Vendas, en as beloning is die Oos Transvaalse Laeveld as geskenk van Mswati (destydse Swazikoning) aan die Trekkers gegee – ook om ‘n bufferstrook tussen die Swazis, Sjangaans (van Mosambiek) en Vendas te bou. Etlike inboorlingstreke is ook, op eie versoek, deur die Boere ge-adminstreer (tot voordeel van die inheemse bevolkings) omdat daar heelwat onstabiliteit was in erfopvolging ens., wat gelei het tot moord en ander oordadige optrede – so is die moordenaar Mampuru op SY EIE STAM se versoek deur die Transvaalse owerhede tot verhoor gebring , skuldig bevind en tereggestel weens die moord op sy eie broer, sodat Mampuru die alleenheerser kon word – ‘n algemene Afrika gebruik, selfs vandag nog. Sekoekoenieland, vandag se Qwa Qwa, dele van Venda, vele ander, het dieselfde gebruik gemaak van die Europese tipe administrasie wat die koms van die Boere aan hul gebied het, en het gedy daaronder.

Die Boererepublieke is wêreldwyd erken en het diplomatieke status gehad in die meeste Europese en Amerikaanse state – self Brittanje het hul status en soewereiniteit op een of ander stadium erken… en die vonds van minerale in die Transvaal het tot rykdom en mag vir die ZAR gelei …

Hierdie ontwikkelings het die Britse Empire vreeslik ontstig, omdat hul gehoop het dat die Groot Trek saam met Piet Retief in Dingaanskraal vermoor is. In 1842 beset die Britse empire Port Nattal en later annekseer hul die Voortrekkergronde soos verkry met verdrag van Dingaan en later Mpande, Zoeloekonings. Die Vrystaatse en Transvaalse grondgebiede word kort kort deur Brittanje binnegeval, soms geannekseer, en met groot moeite en soms baie skade eers weer later deur die Brtitte teruggegee, indien hul nie met geweld verdryf moet word nie … Die invalle wat gelei het tot Majuba, Laingsnek, ook die Jamiesoninval, was suiwer koloniale ekspansionisme deur die Britte, net soos die Tweede Vryheidoorlog, (1899-1902) wat uiteindelik gelei het tot die Vrede van Vereeniging, ‘n dokument wat duidelik gekoppel was aan die volksmoord (op die Boere) soos uitgevoer met die Britte se onwettige oorloë en die konsentrasiekampe. Alhoewel die herstel van die Republieke beloof is, het dit nooit gebeur nie, en die Boererepublieke (en die inboorlingronde !) is in 1910 finaal geannekseer deur die Britte en met die 1913 grondwetgewing ingelyf in die Britse Dominium van Suid Afrika. Pogings om dit te herstel (die Rebellie in 1914, en ander oproepe daartoe op verskeie geleenthede daarna) is bloot ignoreer en somtyds met openlike moord onderdruk. Die Britse koningin was erken as staatshoof en het dit gebly todat HF Verwoerd in 1961 die Republiek van Suid Afrika as onafhanklike, soewereine staat uit Britse domein gelei het.

Vir sy moeite is Verwoerd in 1966 in die SA parlement vermoor… Maar die Boerestate is nog nooit weer blootgestel aan ‘n proses van vrywording en soewereinverklaring nie, tot nou ….

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer