EMANSIPASIE EN DIE ZAR BOERVOLK – HOE WERK DIT ?

Die ZAR Boervolk is ‘n Volksbeweging, bestaande uit afstammelinge van die ou Boere van die ZAR en Oranje Vrijstaat, wat kennis gegee het aan die Suid Afrikaanse Republiek (en andere tersaaklike internasionale liggame) dat hul weer aanspraak maak op hul erfenis, te wete die ou Boerrepublieke, soos onwettigvan ons afgeneem in 1902, om dit weer in besit te neem en terug te kry en reg te stel vir Boerbesit en –bestuur. Hierdie versugting is nie onwettig nie, volgens hul EIE wetgewings en bepalings nie, en die strewe is ‘n erkende versugting van talle volke,
wat wêreldwyd nou begin aanspraak maak op hul erfgronde, weg van die internasionale “globale” regerings en staatsstelsels. Dus, u kan nie ‘n “terroris” genoem word nie – die VVO se eie Resolusie 1514 bepaal dit !
m ontslae te raak van enige verpligting teenoor die RSA verwerp ons hul
regeringstelsel en hul regstelsel, en “emansipeer” onsself, om onder die ou Gemene Reg te staan, soos wat ons voorvaders ook vir geruime tyd gedoen het. Ons hou wag oor onsself, en gebruik die middele tot ons beskikking om onsself wetlik te hou – ons is nie anargiste nie ! Ons het ons eie bestuurstelsels, ons eie Volkshof (alreeds in sitting !) en ons kies ons eie beamptes en regters – elke dorp moet ‘n Kommissaris, ‘n Balju en ‘n Regter hê, en ons moet hul ondersteun, en ons sal ‘n bykans perfekte Regstaat vorm, sonder die bagasie van onderdrukkende
wetgewing en statute en strukture, wat eintlik maar net bedoel om heersersklasse en burokrasieë in staat te stel om met mense te boer, op hul eie koste …. Ons betaal ons skuld, ons hou wag oor onsself, en ons leef ordelik en eerbaar – dan kan ons sekerlik geen kwaad oorkom nie ! Elke dorp en streek en distrik kan sy eie strukture verder
vorm, vir Gemeenskapslewe, en kan inderdaad aksie en gesag afdwing by die huidige RSA-strukture – “community will” is tog immers hul grootste dryfveer, dus moet hul luister wat die “community” sê ! Intussen gebruik ons die RSA se dokumente ens., tot tyd en wyl ons eie in plek kom en wyd erken word …

Zuid-Afrikaansche Republiek – Tribunaal

Die Emansipasieproses is ‘n eenvoudige stel dokumente wat kennis gee aan die “owerhede” dat u nie langer in hul statutêre staat staan nie, maar u vryheid as lewende man/vrou opneem en dat u voortaan onder die Gemene Reg (wat bo enige statutêre wet staan) sal opereer – ons is nie anargiste nie, en beplan om ordelik en wetlik te leef. Individue wat ge-emansipeer is het allerhande opsies voor hulle om die huidige “regstelsel” bietjie aan bande te lê,vir die wat wil op hul eie werk, maar die ZAR fokus op Volkereg, en die herstel van die Boerstate, dus sal
diesulke aksies op individuele vlak gevoer moet word, tot tyd en wyl dit gerade geag word om as ZAR Volksbeweging ook daaraan mee te doen …

Opneem van die status as Boer van die ZAR Boervolk is net so eenvoudig – nog ‘n paar kleiner dokumente, uiteensetting van u voorsate en voorneme om u by die ZAR te voeg en die strewes daarvan te onderhou. Selfs vir mense BUITE die Boervolk gebore is daar ‘n opsie om deel te word, mits die Boere dit ondersteun. Deelname aan die ZAR-strukture en Boere-samelewing is noodsaaklik – ons Boer-identiteit is al amper 50 jaar onder beleg, van diegene wat ons erfenis onregmatiglik wil bekom, en ons moet dit vestig, uitleef en onderhou, om dit te
beskerm – ons Volkssiel is sekerlik ons belangrikste erflating !
Gemeenskapsbou is die belangrikste aktiwiteit wat die ZAR Boere op hierdie stadium kan vermag – daarna die verdere uitleef van soewereiniteit, van Boerwees – ons MOET dit doen, om te bewys dat die Boere nog bestaan, en dat hul floreer ! So kan ons ons erfenis terugkry ….

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer