“Mene, Mene, Tekel Ufarsen..”

1 Februarie 2022

Mene, mene, tekel ufarsen ..”

Die oprys en val van die gewaande heersers oor die ZAR Boervolk … soos brooddeeg het hul opgerys, uitgedy en hulself grootgemaak, soos ‘n pap koek in ‘n oond het hul platgeval en gevou toe die oonddeur oopgemaak word en hulle bekyk word, van buite .. net ‘n nare, platgevalde halfgaar degerige gemors het oorgebly, stille getuienis van die limbo waarin egosentriese en selfsugtige optrede diegene laat beland wat die ZAR Boervolk tot skade wil bring. 

Mene, mene, tekel ufarsen

Oor die sage van die stigting en te werde bring van die ZAR (oftewel Zuid Afrikaanse Boere Republiek, die ZABR, een en dieselfde ding) is daar al veel geskryf. Oor Dave van den Bergh en Jan Diederiks se aanname dat alle Boere onnosel is, oor hul uitbuiting van die situasie en geheul met volksvreemdes en allerhande ongure elemente, hul poging om die ZAR Boervolk weer onder vreemde jurisdiksie te plaas .. die Boervolk, wat slegs die Almagtige Vader, Skepper van Hemel en Aarde erken as Oorheerser .. oor hoe Marius Roos deur hul skyn gesien het, deur die vervalsing van dokumente, deur die ongemagtigde aanstellings van volksvreemdes en skaduagtige karakters, deur die pogings om die zarboervolk.com webtuiste te kaap, vir hulself, en hul waarskynlike volksvreemde meesters .. Hoe Marius Roos steeds die ZAR Boervolk probeer emansipeer het (en veel reggekry het !) totdat die tweespalt te groot geword het, die Boere keelvol geword het en ‘n Volkshof saamgestel het (die eerste in 119 jaar !) en die hele ZAR Tribunaal van Roos, Van den Bergh en Diederiks voor die Hof gedaag het, waar ‘n jurie van twaalf soewereine Boere, uit verskillende streke van die ZAR, EENPARIG Marius Roos onskuldig bevind het en in sy amp herstel het, en ook Van den Bergh en Diederiks deur skuldig bevind het aan verraad en onbevoegheid, en hul dan ook lewenslank geskors het uit die ZAR Boervolk…. Die Hofverrigtinge kan op die Internet gevolg word op skakel (hof-saak) Ook die bewysstukke is beskikbaar vir naspeuring – ons hou nie geheime in die Gemene Reg nie.. skakel (Bewysstukke)

Die stelling aan Dave van den Bergh, Jan Diederiks en hul trawante was duidelik – “ mene, mene, tekel, ufarsin” (“Julle is geweeg en te lig bevind”)

Die ZAR Boervolk het hulself daarna ge-organiseer, ‘n nuwe Tribunaal is verkies, en die werk het begin – om die ZAR Boervolk te organiseer, emansipeer en vry en soewerein te maak.

Ongelukkig het sekere elemente nie hul neerlaag aanvaar nie, maar, onbeskaamd soos Jacob Zuma en Kie., veral op die Internet en sosiale media voortgegaan om, op uiters onsmaaklike wyse, hul weergawe van gebeure te “spin” – ten spyte van al die bewyse tot die teendeel, reeds in die openbaar, het hul skaamteloos en gewetenloos hul leuens en fantasiëe herhaal, ad nauseam .. Dave van den Bergh het die grootste boel twak denkbaar kwytgeraak, die mistieke “Brother Thomas” (waarom ‘n skuilnaam ? Steek hy iets weg ?) van die SAJA het gefemel en geswymel, Mario Cockrell het sy mond uitgespoel.. gelieg, gedreig en in die algemeen ‘n krater van homself gemaak, soos net hy kan, en gelaster en sleg gesê en natuurlik gelieg soos ‘n tandetrekker. Sekere afvallige en ontevrede (en, dalk, baie naïewe) ZAR-mensies het hulle “geglo” (of dalk ‘n geleentheid gesien ?) en die ou spul wat hulself verenig met die LBGT-kultuur en allerhande snaakse “minderheidsgroepe” aangehang .. (ook uitgesproke Kommuniste is, soos sangomas en Rastas en “magic mushroom”-eters in die SAJA se geledere ! …. Nie ons mense nie. Hul mag maar weggaan )

Daar is ‘n lang lys probleme veroorsaak deur Van den Bergh, Diederiks, Cocrell en andere – tog het die ZAR Streeksvergadering en ZAR Tribunaal koers gehou en die ZAR in momentum gehou, aan die groei gehou, en sal dit altoos doen, terugslae, veranderinge (in personeel) en kritiek van uitgewekenes, ten spyt.

Wie IS hierdie mense ? Dave van den Bergh is aan die meeste bekend, ‘n afgetredene wat op Wildernis woon, met ‘n baie interessante Facebook profiel … nie juis wat ‘n mens ‘n Boereleier noem nie.. Jan Diederiks was oënskynlik baie beter, maar sy assosiasie met Dave en andere het hom onder ‘n skadu laat beweeg, waarvan hy nie poog om ontslae te raak nie.

Maar bogemelde twee persone is/was darem ge-emansipeer – vermoedelik in die ZAR, alles dui daarop. Dieselfde kan nie van Mario Cockrell gesê word nie. Geen rekord van sy sg. “emansipasie” bestaan in die ZAR dokumentasie nie, hy kan geen ZAR ID voorsien nie – dus, ‘n duister boek om te lees …. Met geen bona fides sover dit die ZAR aangaan nie, behalwe sy assosiasie met die verbande verraaiers Van den Bergh en Diedriks en hul selfaangestelde groepie “heersers” oor die ZAR Boervolk. “Dr.” Leunis van Rooyen het wel probeer om te emansipeer, maar sy selfgeskrewe bewys van bediening van sy gewaande (vermiste) emansipasiedokumente is nie aanvaarbaar nie, dus is sy deel aan die ZAR nog duister …

Die ZAR (ZABR) is ‘n soewereine, suiwer Volksbeweging van die Zuid Afrikaanse Boervolk, wat hulself beywer vir die soewereine bestaan van die ZAR Boervolk op hul erfregtelike grond, onder die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde as Alleenheerser. Hul vra en aanvaar geen ander gesag as die strukture deur hulself daar gestel, onder die Almagtige. Geen mensgemaakte gesagsliggaam of samekoms of organisasie, van watter aard ookal, sal enige reg of gesag oor hul verkry of mag uitoefen nie. Hul erken die gesag van die ZAR Volkshof, die enigste Hof in sitting, soos daargestel deur die ZAR Boere in Julie 2021. Hul sake word bedryf deur die ZAR Streeksvergadering, soos aangestel en verkies deur die ZAR Boere, wat op hul beurt die ZAR Tribunaal (verkies uit die Streeksvergadering se geledere) belas met die administratiewe bestuur van die ZAR, wie dan ook verslag moet doen aan en verantwoordbaar is teenoor die ZAR Streeksvergadering.

Die ZAR vertoon slegs die simbole en vlae geassosieer met die Zuid Afrikaanse Boervolk, en geen ander tekens of prentjies nie – geen “duif” van “Gift of Truth”, geen simbole van aardsgodsdienste of aardsvereenigings soos SA Jural Assembly nie, geen “Internasionale” gesagsliggaam soos deur daardie mense voorgestel nie – dit is vir die ZAR en sy Boere onaanvaarbaar en heiligskennis.

Daar is EEN ZAR . Ook genoem die ZABR (Zuid Afrikaanse Boer Republiek) oftewel Zuid Afrikaansche Republiek, oftewel Zuid Afrikaanse Republiek. Dit omvat ALLE Boer Republieke ooit gestig, vanaf die Swellendamse en Graaff-Reinetse Republieke in 1795 tot en met die Maritz-Republiek in 1914, insluitende die pletora kleiner Republieke wat in Suider Afrika (en ook elders !) onstaan het, namate ons Boere hul Vryheid probeer verkry het.. die beperkings opgelê deur die geskiedkundige Sandrivierkonvensie en Bloemfonteinkonvensie (dat die Boere Republieke nie mag verenig of in buitelandse beleid saamwerk nie) word verwerp, soos wat die Oranje Vrystaatse en Zuid Afrikaanse Republieke dit verwerp het in die Britse Empire se volksmoord-oorlog 1899-1902. Geen ander ZAR bestaan of het bestaansreg nie. Geen ander beamptes van die ZAR is aangestel as die ZAR Streeksvergadering of ZAR Tribunaal (soos aangewys deur die ZAR Streeksvergadering) nie. Geen selfaangestelde “Kommissaris” of “Regter” of “Treasurer” of “Protector of the Boervolk “ (sic) bestaan buite die drome van diegene wat ons ZAR wil kaap, oorneem en ondergeskik stel aan buitelandse en volksvreemde gesag nie…. Die Boere regeer oor hulself !!

 

Op las…

1 Februarie 2022

Zuid-Afrikaansche Republiek – Tribunaal 

kontak ons. Bel ons hoofkantoor en ons bel jou terug

 

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer