EMANSIPASIE oftewel “EMANCIPATION” is ‘n term wat baie wyd en losweg gebruik word in Suid Afrika, die afgelope paar jaar, en dit is tans weer baie hoog mode.

1. WAT IS EMANSIPASIE ?

Wat beteken “emansipasie”
Dit is die otvoogdingsproses waarmee bv. ‘n “minderjarige” (in Suid Afrika iemand onder ouderdom 18) hom/haarself “mondig” verklaar en verklaar dat hy/sy in staat is om hul eie sake en erfenis te bestuur en dus by die Hof aansoek doen om “mondig” verklaar te word (dit is, sonder ‘n “voog”)
Elke persoon met ‘n geboortesertifikaat is ‘n “ward of State”, d.w.s. onder voogdyskap van die Staat (d.w.s. onder beheer van die Hof en Staatsamptenary, om bestuur te word na gelang politici besluit – met nog ander woorde, slawe)

2. ZAR EMANSIPASIE/ONTVOOGDING en ROMEINS-HOLLANDSE GEMENE REG

Emansipasie (ontvoogding) is die proses waarmee ‘n individu kennis gee aan sy Staat (oftewel, “eienaar”) dat hy nou “vry” (“soewerein”) is en selfstandig, dus NIE onder Staatsheerskappy nie. Dieselfde geld vir Volke. Die ZAR emansipeer jou as individu, en jy voeg jouself vrywilliglik (sonder om afstand te doen van jou soewereiniteit) as VRYE man/vrou by die VOLK van die ZAR . Volgens ZAR proses word jy eers individueel d.m.v. skriftelike kennis aan die Staat ge-emansipeer en dan voeg jy jou skriftelik by die ZAR Boervolk, dus, by die erfgename van die Zuid Afrikaansche Republiek (en Oranjie Vrijstaat), die Boerrepublieke wat in 1902 deur die Britse Ryk (onwettig) militêr en by wyse van volksmoord (op die Boere) afgeneem is en vernietig word. Volgens die 1902 “Vrede” van Vereeniging en daaropvolgende anneksasie was die Boerrepublieke sedert 31 Mei 1902 dus Britse besitting, daarna ‘n “kolonie” (Unie van Suid Afrika), en daarna ‘n “Republiek” – alles TESAME met die res van die huidige Suid Afrika, die Bantoegronde ingesluit. Ons was Britse slawe…

Kragtens Resolusie 1514 van die VVO moes die Britse Ryk daardie “kolonies” weer aan die regmatige eienaars van die grondgebied (te wete, die Boervolk) teruggee, maar weens Dr. Hendrik Verwoerd se gekonkel is Suid Afrika in 1961 verklaar as onafhanklike gebied, en daar is nooit voldoening gegee aan die Res. 1514 nie – die Swart volke het hul grond teruggekry, maar nie die Boere nie. Ons was “Suid AFrikaanse” slawe …. Ons, die ZAR, b.w.v. ons proses, ontvoogd die slawe, en maak hul vrye, soewereine mans en vrouens. Ons voeg hul bymekaar (steeds soewerein) as Boere (indien hul die regte afkoms het) sodat hul hul erfenis kan terugkry (volgens Volkereg) en daarmee handel soos hul goeddink, en so oor hulself regeer. Ons beskik oor ons eie Taal, reeds voorheen Internasionaal erkende grondgebied, eie kultuur, eie ZAR Volkshof, ens. – alles elemente wat nodig is om as onafhanklike Volk oor onsself te beskik, kragtens die RSA Grondwet van 1996 se Artikel 235… Ons (die ZAR) gebruik soos altyd die Romeins-Hollandse gemene regstelsel, te wete dieselfde stelsel wat in 1652 deur Jan van Riebeeck na Afrika gebing is en steeds geld in Suid Afrika, Lesotho, Swaziland, Namibië, Botswana ens., met uitsondering van verskeie stamme se eie stamreg asook volgens die stelsel geëvouleer het sedert Van Riebeeck se tyd tot vandag. Dit is NIE ‘n gekodifiseerde (neergeskrewe ) Wet nie, maar “gebruiksreg”, soos algemeen reg aanvaar, bv. diefstal, moord, bedrog ens. is verbode, en die algemeen aanvaarde norm vir regspleging is regverdigheid en logika.

3. “EMANCIPATION” (ANDERE) en “COMMON LAW”

Daar is ook ander “emansipasie”vorme in omloop. Dit is grotendeels geskoei op vorme wat in die Britse invloedsfeer geld, te wete waar die Anglo Saksiese “Common Law”( insgelyks ‘n “ongeskrewe” stel rëels) gebruik word – die “Common Law” was egter NOOIT deel van die Suider Afrikaanse opset nie, en word eksklusief gebruik in lande soos die Verenigde Koninkryk, Kanada, die VSA, Australië, Nieu Seeland ens.. Dit rus swaar op presedente, en vorige hofuitsprake word baie meer as die geldende norm beskou as in Romeins-Hollandse reg, wat dit soms baie onregverdig en onlogies laat. Ook is dit vreemd aan Suider Afrika, waar dit nooit inslag gevind het en bedryf is nie – die Britte het hoofsaaklik hul Prosesreg (hoe strafhowe bedryf word) en Strafreg (hoe strawwe toegedeel en uitgevoer word) in die ou semi-Hollandse stelsel aan die Kaap en in die ou Boererepublieke ingebring en toegepas –gemene reg was steeds beskou as Romeins-Hollands, en is inderdaad vandag nog die geval.

4. “EMANCIPATION” en jou CQV TRUST

Die nuwe “Emancipation” mense maak baie staat op beskikbaarmaking van die individu se “ces’t que vie trust” aan die individu. Ons het nog nie een geval gesien waar dit wel werklik toegepas is nie, maar die moontlikheid daarvan bestaan, en ondersoek word wel ingestel daarna. Sekere persone beweer dat hul al jou skuld (kredietkaart, verbandlening, oortrokke bankrekening, ens. ens,.) sal aflos b.w.v. hul “emancipation” – dit is uiters onwaarskynlik en sekerlik ‘n foefie – wie gaan “betaling” b.w.v. ‘n “promissary note” aanvaar (soos die “emancipators beweer hul doen) wanneer hul hul harde geld of eiendom kan kry, en veel wins daarop maak? Banke weier deesdae sodanige “promissary note” betalings.. Een “emancipator” beweer dat sy vir jou ‘n “Express Trust” open – in die Hooggeregshof van Suid AFrika. Interessant – sy het jou sopas BY DAARDIE SELFDE HOF ge-“emancipate”, nou stig sy vir jou ‘n “trust” daar, waar “alle belastings ens. deur jou betaal sedert jy 18 jaar oud was inbetaal word, en dan deur JOU beheer word (en kastig ook jou Munisipale rekenings ens. gaan betaal !) .. nie juis geloofbaar nie.. Ook “deregistreer” sy jou by die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SARS) SONDER JOU INKOMSTEBALSTINGNOMMER en, as bewys, stuur sy vir jou ‘n “kennisgewing” van die RSA Hoogeregshof wat ‘n Saaknommer bevat (wat SARS TEEN jou maak) as “bewys” van deregistrasie – gaan SARS werklik hul belastings en boetes (van die verlede, hede en toekoms) so maklik afskryf en laat gaan ? En waarom maak hul dan ‘n saak teen jou, as jy nie meer belastingpligtig is nie ? En dan word jou “Trust” nog deur dieselfde Hooggeregshof (waarvan jy geëmansipper is!) bedryf ? Sinneloos….

5. INDIVIDUE EN “EMANCIPATION”

Ek gaan nie uitbrei op die selfpromoverende praatjies waaarin hierdie dame (asook haar kollegas) uitwei oor hulself en hul “regskennis” nie – genoeg om te sê dat dit duidelik delusionêr is, en dat ek nog nooit van so ‘n instelling gehoor het wat sodanige “regs”-studies aanbied nie. Of van die “kwalifikasies” kamstig verwerf/in proses van verwerwing nie.
Oor die individue gemoeid met hierdie “emancipation” kan ek net sê dat daar talle is, en meesal met baie slegte reputasie en/of twyfelagtige agtergrond en voet waarop hul staan, volgens hul eie uitlatings. Een word beskou as ‘n voorste bedrieër. Nog een is ‘n skaduagtige, waarskynlike Afrikanerbonder. Nog een is ‘n beweerde (bewese ?) Nasionale Inligtingsagent. NOG een wil nie sy naam gee nie, maar beweer hy “emancipate” mense onder die “Supreme Court of Alaska (wat beteken VSA) m.a.w. hy “emancipate” jou UIT die Republiek van Suid Afrika binne-in die Verenigde State van Amerika .. Sinloos. Ook hy het gure reputasie weens die mense met wie hy graag handel.

6. ZAR EMANSIPASIE (ONTVOOGDING)

ZAR Emansipasie (ontvoogding, om Dr. Lucas Booysen se woorde te gebruik) is om die ZAR Boere weer vry te maak en te kry om hul Volkereg weer op te neem en hul erfenis weer terug te kry – nie om van lawwe belastings en lisensies ens. NOU ontslae te raak nie. DIT kan ons doen wanneer ons weer in beheer is van ons grond, ons Boerstaat.

7. INLIGTINGSINISIATIEF ?

Bogemelde “emancipation” inisiatiewe is waarskynlik ‘n NIA of MID gedrewe inisiatief om die Emansiepasieproses onguur en verdag te maak en mense daaraan te laat twyfel – die Emansipasieproses per se is nie onwettig nie (al beweer sommige persone so) en ons almal gebruik naastenby dieselfde dokumentasie. Wat ons AANBIED daarvoor verskil egter erg. Die “emancipators” en hul trawante bied jou heelwat vleispasteitjies in die wolke aan – ons (die ZAR) bied jou aan ‘n geleentheid om jouself as Boer te identifiseer en eien, en tesame jou erfenis op te neem.

 Emansipasie zarboervolk 

 

Emansipasie   

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer